Dienste

- Brongoskopie, (veselopties)
- Kolonoskopie
- Doppler Eggokardiografie (vaskulere evaluasie)
- Hartsonografie
- Electrokardiogram, Oefen Toets
- Endoskopiese Retrograde Cholangiopankreografie
- Vloei volume & longfunksie
- 24h EKG Holter Monitering
- Boonste Gastrointestinale Endoskopie

 


Boonste Gastrointestinale Endoskopie

Direkte visuele ondersoek van die boonste gastrointestinale baan deur middel van 'n buigbare glasvesel endoskoop gedoen. Normaalweg word die prosedure uitgevoer wanneer die pasient wakker maar onder verdowing is.

Die endoskoop word ingesit (per mond) deur die orofarinks, esofagus, maag, en duodenum Belangrike anatomiese landmerke word geïdentifiseer en mukosale oppervlaktes word ondersoek vir verdagte beskadiging soos bv. ulkusse, erosie, poliepe, vemouings en malignasies. Biopsies kan so ook maklik geneem word.

Kwaliteit van studie en die interpretasic daarvan is baie afhanklik van die bekwaamlieid van die ondersocker. Herkenning van subticle abnormaliteite en visualiscring van alle dele van die boonste gastro-intestinale daan benodig 'n hoë graad van kliniese bekwaamheid.