Dienste

- Brongoskopie, (veselopties)
- Kolonoskopie
- Doppler Eggokardiografie (vaskulere evaluasie)
- Hartsonografie
- Electrokardiogram, Oefen Toets
- Endoskopiese Retrograde Cholangiopankreografie
- Vloei volume & longfunksie
- 24h EKG Holter Monitering
- Boonste Gastrointestinale Endoskopie

 


Brongoskopie, (Veselopties)

Dit is die direkte visuele waameming van die boonste lugweg, stembande en die trageobrongeale boom tot en met die vyfde tot sesde verdeelde brongi. Ander prosedures soos byvoorbeeld spoelings, biopsies, broncho alveolar lavage, endobrongeale en transbrongeale biopsie is ook ingesluit, afhangend van die
kliniese indikasies.

Dit is slegs beperk suksesvol om vreemde voorwerpe te verwyder, of om massiewe hemoptiese te behandel. Die prosedure is veilig. 50 % van die lewensbedreigende
kornplikasies hou verband met premedikasie of topiese anestesie (volgens groot oorsigte).

Die risiko is die hoogste in pasiente wat onderliggende kardiale siektes het, asook diegene wat oud is. Diegene met onderliggende asma is veral vatbaar vir brongospasma, en moet dus op optimale behandleing wees voordat hulle gaan vir 'n brongoskopie.