Die kolon word direk visueel waargeneem deur middel van 'n veseloptiese endoskoop. Die pasiënt is wel wakker, maar gesedeer. Daar word 'n buigbare endoskoop in die rektum ingeplaas, en opgegaan in die laer gastro-intestinale traktus.
Belangrike anatomiese landmerke word geïdentifiseer, en slymvlies oppervlak word waargeneem en bestudeer vir sere, poliepe, breekbare areas, hemorroïede, neoplasmas en strikture.
Dit is 'n duur prosedure in vergelyking met barium enema en ander verwante endoskopiese studies (protoskopie, sigmoidoskopie). Die kwaliteit van die studie, en dus die interpretasie is hoogs afhanldik van die vaardigheid en ondervinding van die endoskopie-uitvoerder.
Dit is ook tegnies moeiliker as boonste gastro-intestinale endoskopie. Suboptimale studies is nie skaars nie, en is dikwels die resultaat van onvoldoende dermvoorbereiding.
|